Cosatu kap ANC oor Kodwa se inswering

Cosatu sê hy is diep teleurgesteld omdat sy bondgenoot, die ANC, gekies het om sy eie opsystaan-beleid te ignoreer met die beëdiging van Zizi Kodwa as parlementslid. Matthew Parks van Cosatu sê dit ondermyn die ANC se opsystaan-beleid vir openbare verteenwoordigers. Hy voeg by dit stuur ‘n kommerwekkende boodskap aan die samelewing oor die party se verbintenis om sy openbare verteenwoordigers aanspreeklik te hou.