Cosatu juig oor veiligheidsondersoeke van vissersbote

Cosatu verwelkom die opdrag van die vervoerminister, Barbara Creecy, vir ‘n dringende veiligheidsinspeksie van alle handelsvissersvaartuie in Suid-Afrikaanse water. Dit volg nadat ‘n vaartuig Sondagoggend aan die kus by Gansbaai in die Wes-Kaap aan die brand geslaan het. Die bemanningslede is almal ongedeerd gered. Zanele Sabela van Cosatu sê hulle is teleurgesteld dat ‘n vaartuig aan die brand moes slaan voordat die departement opgetree het, al was dit jare lank ‘n kommerwekkende kwessie.