Cosatu gekant teen salarisverhogings vir munipale hoofde

Die vakbondfederasie Cosatu is ten sterkste gekant teen die voorgestelde salarisverhogings vir burgemeesters, raadslede en munisipale bestuurders, omdat hulle onsensitief is vir ekonomiese beperkings en onrus in die plaaslike regering-sektor. Die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Thembi Nkadimeng, het die verhoging van 3,8 persent in die Staatskoerant afgekondig. Cosatu veroordeel die verhoging te midde van ’n styging van 10 tot 90 persent in munisipaliteite wat in finansiële nood verkeer binne ‘n dekade. Woordvoerder Matthew Parks vra ‘n hertoewysing van fondse om dienste te verbeter, en eis dringende ingryping deur die Tesourie.