Cosatu doen beroep op vakbonde om poste te verdedig

Cosatu vra vakbonde om sonder ophou vir werkers te veg, na Mercedes Benz Suid-Afrika aangekondig het hy gaan 700 poste afskaf. Cosatu se woordvoerder, Zanele Sabela, sê met ‘n breë werkloosheidsyfer van byna 42-persent moet daar nie ‘n enkele werksgeleentheid verlore gaan nie. Sy waarsku dat dit ‘n vernietigende uitwerking op die gemeenskap en waardekettings van die Buffalo City-munisipaliteit in die Oos-Kaap sal hê.