Cosatu boos vir DA se beroep oor onveranderde minimumloon

Cosatu het die DA se beroep gekritiseer dat die minimum loon nie verhoog moet word nie om dit teen inflasie te beskerm. Die DA sê hy erken die goeie bedoelings agter die verhoging, maar glo dit sal die land se bestaande uiters hoë werkloosheidsyfer vererger. Cosatu se woordvoerder, Matthew Parks, beskryf dit as ‘n onbeskaamde aanval op die ses-miljoen werkers op plase en in huise, asook in die bou-, skoonmaak-, sekerheids- en gasvryheidsbedryf, en ander werkers wat op die minimum loon staatmaak: