Cosatu betuig meegevoel met Namibië na Geingob se dood

Die vakbondfederasie Cosatu het sy medelye met die mense van Namibië uitgespreek ná die dood van president Hage Geingob. Die organisasie het Geingob beskou as ‘n vegter teen apartheid en kolonialisme. Cosatu se adjunk-hoofsekretaris, Matthew Parks, beskryf hom as ‘n ware leier wat sy lewe gewy het aan die stryd vir vryheid, geregtigheid en demokrasie. Parks het ook die ontslape president geprys vir sy ondersteuning van Suid-Afrika se saak teen Israel in die Internasionale Geregshof.