Cosatu bemoedig oor vroue in leierskapposisies

Cosatu het Refiloe Mtsweni-Tsipane gelukgewens met haar verkiesing as die nuwe voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies. Die federasie salueer ook die nuwe hoofsweep, Kenny Mmoiemang. Matthew Parks van Cosatu sê hulle is bemoedig deur die ANC se vasberadenheid om vroue in sleutel leierskapposisies in die parlement en in al die provinsiale wetgewers te bevestig.