Cosatu begin veldtog vir ANC

Cosatu in Suid-Afrika het vandag sy Elijah Barayi-verkiesingsbrigade in al die provinsies van stapel gestuur om werkers aan te moedig om vir die ANC te stem. Die federasie en sy vakbonde het hulle steun vir die ANC verklaar. Die waarnemende woordvoerder, Matthew Parks sê hulle sal in die aanloop tot die verkiesing in verbinding tree met lede en werkers in alle werkplekke.