Cosas-lede steek panga-pastoor se kerk aan die brand

Lede van die studentevereniging Cosas het die kerk van ‘n Gautengse pastoor aan die brand gesteek nadat hy aangekeer is in verband met intimidasie en geweld by die Laerskool Matsediso in Katlehong, Ekurhuleni. Die pastoor en drie ander mense is in hegtenis geneem nadat hy na bewering personeellede met ‘n panga gejaag en sy twee kleinkinders met geweld verwyder het. Die studente het glo die kerk aan die brand gesteek ter ondersteuning van die ma se kant van die familie. Wyksraadslid Xolani Ngwenya veroordeel die gewelddadige voorval.