COP28-reisdebakel duur voort
Die herrie oor die groot afvaardiging wat saam met president Hage Geingob na COP28 in Dubai gereis het, is nie besig om te bedaar nie. Die publiek wil weet hoekom die regering so ‘n groot bedrag geld bestee om ‘n vergadering by te woon, terwyl geld benodig word vir onder meer armoedeverligting, mediese dienste en werkskepping. Die publiek sê daar word ook baie geld spandeer om konferensies by hotelle en lodges te hou, terwyl goed-toegeruste skool- of universiteitsale netsowel gebruik kan word. Kosmos 94.1 News het met Frederico Links, ‘n navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, gepraat oor die betekenisvolheid van die reis en die feit dat die regering bereid is om baie geld op sulke reise te spandeer.