COP28-president is verkeerdelik aangehaal

Die herrie is los by COP28 na Britse media berig het dat die COP28-president Sultan al Jaber gesê het daar is geen wetenskaplike bewyse dat fossielbrandstowwe klimaatsverandering veroorsaak nie. Maar, hy is blykbaar verkeerdelik aangehaal omdat al Jaber meen dat fossielbrandstowwe nie dringend uit die energiebronne van die wêreld gehaal kan word nie. Hy het aan die media gesê hy ondersteun die wetenskap en dit is ook die aanslag van sy leierskap by COP28.