COP16 beraam plan vir biodiversiteit
Verteenwoordigers van 196 lande het byeengekom in Cali, Colombia, om ooreen te kom oor hoe om die agteruitgang van die natuur teen 2030 te stop. Die COP16 VN-biodiversiteitspitsberaad is apart van die klimaatspitsberaad later die maand. Lande moes planne voorlê oor hoe hulle tuis biodiversiteitsteikens gaan bereik, maar die meeste het die spertyd misgeloop. Planne is egter beraam om geld in te samel vir bewaring, deur maatskappye te dwing om te betaal vir die gebruik van genetiese natuurbronne. Meer as ‘n miljoen spesies staan voor uitwissing en die natuur gaan die vinnigste in menseheugenis agteruit.