Coote geskors na aanmerkings oor Liverpool
Die Engelse Premierligaskeidsregter David Coote is onmiddellik geskors. Dit volg op ‘n video wat blykbaar wys hoe hy neerhalende opmerkings maak oor Liverpool en hulle voormalige bestuurder Jurgen Klopp. Die video verwys blykbaar na ‘n wedstryd wat Coote in Julie 2020 beheer het tussen Liverpool en Burnley, wat een-elk gelykop geëindig het. Klopp het Coote na die wedstryd gekritiseer en gesê die skeidsregter het nie straf uitgedeel na uitdagings teen Liverpool se spelers nie. Die 42-jarige is een van die Premierliga se mees ervare beamptes.