Connor van Schalkwyk verloor teen Fransman op Roland Garros

Die Namibiese junior tennisspeler, die 17-jarige Connor van Schalkwyk, het vandag in die eerste ronde van die Franse Ope junior kampioenskappe op Roland Garros in Parys teen Dylan Jucha van Frankryk te staan gekom. Van Schalkwyk moes die knie teen Jucha in twee stelle buig met 7-6 en 6-2. Van Schalkwyk is tans 53ste op die ranglys van die Internasionale Tennis-federasie en eerste in Afrika.