Comrades vir kinder-kanker

Negentien atlete wat Sondag aan die Comrades-marathon deelgeneem het, het R160 000 vir Rainbows and Smiles ingesamel. Die welsynsorganisasie verskaf emosionele, maatskaplike en finansiële steun aan kinders met kanker. Meer as 20 000 het die 88-kilometer wedloop tussen Durban en Pietermaritzburg aangepak. Rainbows and Smiles se stigter, Bonni Suckling, sê elk van die 19 atlete is toegewyd.

Foto: Rainbows and Smiles