Comrades: 25 gediskwalifiseer vir vals inligting

Vyf-en-twintig ingeskrewe deelnemers aan Sondag se 96ste Comrades-marathon is gediskwalifiseer nadat hulle vals inligting ingedien het. Hulle mag ook nie aan die 2024- en 2025-wedrenne deelneem nie. Die Comrades se wedrendirekteur, Rowyn James, sê hulle sal geen bedrog duld nie. Die gewilde KwaZulu-Natalse ultra-marathon begin Sondagoggend om half-ses by die stadsaal in Pietermaritzburg en eindig 12 ure later op die Kingsmead-stadion in Durban.