Columbia se Shafik bedank, 3rde Ivy League president wat waai

Columbia Universiteit se president, Minouche Shafik, het bedank na maande se kritiek op haar hantering van studentebetogings oor die Israel-Hamas-oorlog. Columbia is beskou as die middelpunt van die studentgeleide pro-Palestynse betogings wat uitgebrei het na ander universiteite in Amerika en ander lande. Shafik sê dit was ʼn onstuimige tydperk en moeilik om uiteenlopende menings by die universiteit te versoen. Sy is die derde president van ʼn Ivy League-universiteit wat oor die Gaza-betogings bedank.