Coetzee gesels oor Argentinië-wedstryd

Die hoofafrigter van die Windhoek Draught Welwitschias, Allister Coetzee sê die wedstryd teen Argentinië-A was uitstekend vir die span. Hy sê daar was groot lesse geleer met ‘n span wat hard voorberei vir die Wêreldbeker. Die Namibiërs het teruggekom van ‘n 26-8 voorsprong aan die einde van die eerste helfte tot ‘n 27-26 in hul guns, maar het uiteindelik knie gebuig met ‘n finale telling van 34-27 in die guns van Argetinië. Coetzee het met die nasionale uitsaaier gepraat.