Coenie en kie se borgaansoek duur voort

Coenie Botha en sy vrou Charlotte Murove se borgaansoek duur vandag voort nadat dit Vrydag in die Windhoek-landdroshof begin het. Die twee, wat aangekla word op 64 klagtes, wat bedrog en oortreding van die Wet op Bankinstellings insluit, is op 11 Maart gearresteer by Buitepos. Die staat staan die borgaansoek teen oor wat hy beskryf as die erns van die saak en die vrees dat die twee sal vlug, presies omdat hulle by Buitepos vasgetrek is.