Coe het lof vir Ultimate-kampioenskap
Die president van Wêreldatletiek, Sebastian Coe, beskryf die nuwe Ultimate-kampioenskap as ‘n reuse-omwenteling vir baan- en veldatlete. Die eerste spankompetisie gaan in September 2026 in die Hongaarse hoofstad, Boedapest, gehou word, en daarna elke tweede jaar. Dit word gedoen om die wêreldliggaam se droom te verwesenlik om elke jaar ‘n globale kampioenskap aan te bied, en sal plaasvind in die jaar dat daar nie ‘n Wêreldkampioenskap is nie. Coe sê dit sal rekord-prysgeld van 180 miljoen Namibiese dollar hê.