Clooney ondersteun Harris as kandidaat

Die Hollywood-hartebreker George Clooney, een van die eerste hoëprofiel Demokratiese aktiviste wat Joe Biden aangemoedig het om nie herverkiesing na te jaag nie, het sy steun uitgespreek vir Kamala Harris. Clooney sê in ‘n verklaring president Biden het gewys wat ware leierskap is. As ‘n groot fondsinsamelaar vir Demokratiese kandidate en jarelange Biden-ondersteuner, het Clooney twee weke gelede weggebreek deur openlik die 81-jarige president te vra om opsy te staan vir ‘n jonger kandidaat en die party ‘n beter kans te gee om Donald Trump in November te verslaan.