Clark raap Amerikaanse Ope-titel op

Die Amerikaner Wyndham Clark het Rory McIlroy in sy spore gestuit om die Amerikaanse Ope en sy eerste major by die Los Angeles-buiteklub te wen. Die 29-jarige Clark het ‘n laaste ronde van gelyk met baansyfer 70 gehaal om tien onder en een hou voor McIlroy te eindig. Laasgenoemde het probeer om sy eerste major sedert 2014 op te raap. Die wêreld se nommer een, Scottie Scheffler, was derde. Clark, wat sy PGA Toer-deurbraak verlede maand by die Wells Fargo-kampioenskap gemaak het, het sy oorwinning aan sy ma opgedra wat in 2013 oorlede is: