City verpletter Real Madrid

Manchester City is deur na die Kampioeneliga se eindstryd nadat hulle die verdedigende kampioene, Real Madrid, met vier-nul in die tweede been van die halfeindronde verslaan het. Die span het daarmee ‘n telling van vyf-een aangeteken. Twee doele deur Bernardo Silva, Eder Militao se eie doel en Julian Alvarez se beseringstyd-doel het vir City ‘n groot oorwinning op die tuisveld, Etihad-stadion verseker. Hulle volgende kragmeting is op die tiende van volgende maand teen Inter Milan in Istanboel. Die bestuurder, Pep Guardiola, beskryf sy span se vertoning as skitterend: