City vat die FA-beker, op koers vir goue driekuns

Manchester City bly op koers om die goue driekuns dié seisoen te behaal, nadat hy sy teenstanders Manchester United met 2-1 in die FA-beker-eindstryd op Wembley geklop het. Ilkay Gundogan het ná 12 sekondes sy eerste doel aangeteken – die vinnigste doel in die geskiedenis van ‘n FA-beker-eindstryd. Hy was ook verantwoordelik vir City se tweede doel. Die afrigter Pep Guardiola se span het nou die geleentheid om United se prestasie van 1999 te ewenaar om die goue driekuns te behaal – naamlik om die Premierliga, FA-beker en Kampioeneliga – te wen. Om dit te doen, moet hulle Inter Milan Saterdag in die Europese eindstryd in Istanboel klop.