City Power neem Eskom se beurtkrag in Jhb oor

Die Stad Johannesburg sê planne om nywerhede en sakeondernemings uit te sluit van beurtkrag wen veld wanneer die nuwe beurtkragrooster vandag ingestel word. City Power het ʼn ooreenkoms met Eskom bereik en beheer van vandag af beurtkrag in Johannesburg. Die nutsdiens sal beurtkrag beperk tot twee ure per fase waar Eskom se tydgleuwe tot vier ure was. City Power se woordvoerder, Isaac Mangena, sê dis ʼn poging om sakeondernemings in bedryf te hou en werksgeleenthede te beskerm: