City Power brei kragbronne uit

City Power het begin om transformators, hoëmas-sonkragligte en slimmeters in ‘n aantal munisipaliteite regoor Gauteng te installeer as deel van ‘n reeks projekte wat meer as een kragbron gebruik. Die hoofbestuurder van City Power, Tshifularo Mashava, sê die projek waarin altesaam sesduisend slimmeters, 60 transformators en 45 hoëmas-sonkragligte in die Rand West-, Merafong-, Lesedi- en Mogale City-munisipaliteite aangebring word, is in ‘n gevorderde stadium.