Chula-Chula vat hul tweede Geingob-beker

Eeshoke Chula-Chula het die Dr. Hage Geingob-beker vir die tweede keer behou met ‘n oorwinning van 2-0 teen Debmarine Namibia Premiership-kampioene, African Stars. Die wedstryd is by die Onafhanklikheidstadion in die hoofstad gespeel. Dit was die tiende en laaste keer wat die toernooi aangebied is.