Christine hardloop op 13 Mei in Nairobi

Die Namibiese Olimpiese atleet, Christine Mboma, se afrigter Henk Botha het bekend gemaak dat sy op 13 Mei aan die Kip Keino Classic-byeenkoms in Nairobi, Kenia sal deelneem. Daarna sal sy aan die Diamant-ligareeks deelneem met haar fokus op die Wêreld-atletiekbyeenkoms in Augustus in Hongarye. Botha het Christine se vordering gedeel ná ‘n besering wat haar vir ‘n rukkie van die atletiekbaan gehou het…