Christian Atsu, bekende sokkerspeler van Ghana, in Turkye gered
Die voormalige voorspeler van Chelsea en Ghana, Christian Atsu, is gered nadat verwoestende aardbewings Turkye en Sirië gister getref het. Die spanbestuurder van sy Turkse klub, Mustapha Ozat, het die nuus bevestig. Atsu was volgens berigte ure lank onder puin vasgekeer. Die 31-jarige het verdwyn na die ramp die provinsie, Hatay, getref het. Dit volg op sy wendoel in Hatayaspor se wedstryd teen Kasimpasa. Die klub se direkteur van sport, Taner Savut, was ook een van duisende wat vasgekeer is nadat die gebou waarin hulle woon ingetuimel het.