Cholera-gevalle in Zambië neem toe

Zambië het sy veldtog verskerp om ‘n toename in cholera-gevalle te stop nadat die aantal sterftes vanjaar stelselmatig tot byna 100 gestyg het. Swaar reën het die verspreiding van die bakteriese siekte versnel en die gesondheid-minister, Sylvia Masebo, sê vyf sterftes en 111 nuwe gevalle is binne 24 uur aangemeld. Die nasionale gesondheidsinstituut sê daar was vanjaar reeds minstens 93 sterftes weens cholera, hoofsaaklik weens ‘n uitbreking wat in Oktober begin het.