Chloe sê Proteas se oorwinning gee ‘n lekker hupstoot

Die Proteas Vroue se onderkaptein, Chloe Tryon, sê hulle oorwinning van die vroue se T20 internasionale driehoekige reeks het hulle ‘n goeie hupstoot gegee in aanloop tot die T20-wêreldbeker. Sy het haar eerste T20-vyftigtal behaal en Suid-Afrika in Oos-Londen na ‘n sege van vyf paaltjies oor Indië gelei. Die Proteas is in Groep Een saam met Sri Lanka, Australië, Nieu-Seeland en Bangladesj vir die Wêreldbeker wat volgende Vrydag in Suid-Afrika begin. Tyron sê daar is sommige aspekte wat hulle as span nog kan verbeter: