Chinhengo sê vandag oor onttrekking

Fishrot-regter Moses Chinhengo het op 1 Maart betoë aangehoor oor hoekom hy as regter in die saak moet onttrek en sal vanmiddag om twee-uur sy uitspraak lewer. Dit kom na die verhoor middel Desember verlede jaar uitgestel is na verdedigingsadvokaat Mbanga Siyomunji ‘n mosie ingedien het dat Chinhengo moet onttrek. Maar dit is net een van die beskuldigdes, behalwe vir oudminister Sacky Shanghala wat ‘n brief geskryf het aan president Nangolo Mbumba oor Chinhengo se aanstelling. Sommige kenners is van mening dat die groep beskuldigdes uitstel broodnodig het omdat hulle nie geld het om hulle eie regslui aan te stel nie.