Chinese spioenballon word dopgehou

Die VSA volg ‘n vermoedelike spioenasie-ballon wat die afgelope dae oor sensitiewe terreine opgemerk is. Verdedigingsbeamptes sê hulle is sonder twyfel dat die ballon aan China behoort.  Militêre leiers het wel besluit om dit nie af te skiet nie, aangesien daar kommer is oor die gevaar van vallende puin. China het nog nie kommentaar gelewer nie. Die voorwerp het oor Alaska se Aleutiese eilande en deur Kanada gevlieg voordat dit Woensdag oor die stad Billings in Montana verskyn het.