Chinese speler sorg vir reuse-opskudding by Chinese Ope
Tennis: Die plaaslike vrou Zhang Shuai het die Amerikaanse Ope-semifinalis Emma Navarro in die Chinese Ope uitgeskakel nadat sy Woensdag haar eerste oorwinning na 24 nederlae behaal het. Die 35-jarige Zhang het nog ‘n Amerikaner, McCartney Kessler, verslaan nadat sy 603 dae laas ‘n wedstryd kon wen. Zhang is nommer 595 in die wêreld. Sy het met haar oorwinning oor die wêreld nommer agt, Navarro, die laagste speler op die ranglys geword om ‘n top tien-teenstander in die toernooi te klop. Sy speel volgende teen Greet Minnen van België.