Chinese renosterhoringsmokkelaar gevonnis

‘n Chinese man, Shuihau Chen, is in die Kempton Parkse distrikshof tot vyf jaar tronkstraf of ‘n boete van 500 000 Suid-Afrikaanse rand gevonnis in verband met die onwettige handel in renosterhoring. Hy is in 2019 in Middelburg in Mpumalanga in hegtenis geneem. Die woordvoerder van die Valke, Dineo Sekgotodi, sê die man is ook tot twee jaar tronkstraf gevonnis weens die oortreding van immigrasiewetgewing. Hy sal na China gedeporteer word nadat hy sy vonnis uitgedien het.