Chinese president betreur situasie in Gaza

Die Chinese president Xi Jinping het aan sy Egiptiese eweknie gesê hy betreur die ernstige toestand in Gaza. China is die week gasheer vir die Egiptiese president Abdel Fattah al-Sisi en verskeie ander Arabiese leiers in Bejing. Die samesprekings is gemik op groter konsensus tussen Beijing en Arabiese state. Egipte, saam met Katar en Amerika, is maande lank reeds in gesprek om blywende vrede tussen Israel en Hamas te bewerkstellig, met die vrylating van gyselaars wat deur Palestynse militante groepe ontvoer is, as deel van die ooreenkoms.