Chinese nader hof oor konstruksie-tender

Die Chinese maatskappy Zhong Mei Engineering het regstappe teen die regering gedoen om die toekenning van ‘n tender van 237 miljoen Namibiese dollar vir die bou van die nuwe Namfisa-hoofkantore in Windhoek stop te sit. Verlede jaar het die Namibië-inkomste-agentskap Zhong Mei daarvan beskuldig dat hy vir vyf jaar lank nie belasting betaal het nie, ondanks ‘n belasbare inkomste van sowat 930 miljoen dollar. Die Namfisa-hoofkantoortender is toegeken aan ‘n gesamentlike onderneming tussen Adaptive Building Land Construction en China State Construction Engineering Corporation. Bärbel Kirchner, die hoof uitvoerende beampte van die Konstruksiebedryf-federasie, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en is van mening dat die Chinese maatskappye nie vir die tenders oorweeg moes word nie.

Kirchner sê daar moet meer tenders vir Namibiese konstruksiemaatskappye toegeken word.