Chinese loop steeds voor met tenders

Die regering kom weer onder skoot vir die toekenning van tenders aan Chinese maatskappye. In die jongste voorval is die kontrak vir die Ondangwa-Oshali pyplyn vervanging op tender uitgesit maar op ‘n beperkte-bod aanbod, dit wil sê net genooide maatskappye kon bie waarvan vyf uit die 13 Chinees is. Intussen is die kontrak vir die pyplyn van Nautedam tot Keetmanshoop aan ‘n Chinese gesamentlike onderneming toegeken. Die kontrak is ter waarde van 185 miljoen Namibiese dollar. Intussen sal die boubedryf nog swaarder kry met die regering wat sy begroting vir konsultante en boukontrakteurs met 38 persent gesny het, tot 2,6 miljard dollar.