Chinese joernalis in tronk vir Covid-19 berigte, vandag vrygelaat

Die Chinese joernalis Zhang Zhan, wat tot vier jaar tronkstraf gevonnis is vir beriggewing oor die Covid-19-uitbreking in Wuhan, moet vandag vrygelaat word. Zhang, ‘n voormalige prokureur, se eerlike beriggewing het seldsame insigte gebied ondanks sensuur deur die regering. Sy is in Mei 2020 gearresteer en gevonnis vir aanhitsing, ‘n aanklag wat dikwels teen aktiviste gebruik word. Sy word sedertdien in die Sjanghai-gevangenis vir vroue aangehou. Zhang, wat in September 40 geword het, het gereeld op hongerstakings gegaan in verset teen haar skuldigbevinding en behandeling.