Chinese gemeenskap in Namibië vier Jaar van die Waterkonyn

Chinese Nuwejaarsvieringe het wêreldwyd begin om vandag die Jaar van die Konyn in te lui, ook in Namibië. 2023 is ‘n jaar van die Waterkonyn. Die Chinese Nuwejaar, ook bekend as die Lentefees, is een van die belangrikste vakansiedae in moderne China en word aan die begin van die tradisionele Chinese maankalender gevier. Die datum van Chinese Nuwejaar word bepaal deur die Chinese maan-kalender, wat gebaseer is op die siklusse van die maan en son. Die eerste dag van die nuwe jaar val op die donkermaan tussen 21 Januarie en 20 Februarie. Die adjunk-missiehoof by die Chinese ambassade in Namibië, Yang Jun, wens die Chinese gemeenskap in Namibië ‘n voorspoedige Chinese Nuwejaar toe.