Chinese burgers sterf in DRK-aanval

China het bevestig ‘n gewapende aanval in die Demokratiese Republiek die Kongo het die dood van verskeie van sy burgers veroorsaak, terwyl ander vermis word. Plaaslike bronne het aan die nuusagentskap AFP gesê minstens vier Chinese burgers is dood in ‘n burgermagaanval op ‘n myn-perseel in die goudryke Ituri-provinsie. Beijing se Ministerie van Buitelandse Sake sê gewapende magte het ‘n privaat Chinese onderneming in die DRK aangeval. Die aantal burgers wat geraak is, is nie genoem nie.