Chinese adjunk-president spreek vredesforum toe

Die Chinese visepresident Han Zheng het die openingsplegtigheid van die Elfde Wêreldvredesforum by die Universiteit van Tsinghua in Beijing toegespreek en alle partye gevra om wêreldvrede en -sekerheid te beskerm. Han sê in die lig van ingrypende veranderings op die internasionale toneel, het China ‘n reeks groot inisiatiewe voorgestel, soos die Wêreldwye Ontwikkelingsinisiatief, die Wêreldwye Sekerheidsinisiatief, en die Wêreldwye Beskawinginisiatief, terwyl hy voortdurend werk aan die bou van ‘n gemeenskap met ‘n gedeelde toekoms vir die mensdom. Hy sê China staan reg om in dié verband met ander lande saam te werk.