Chinees en werker in hof oor omkopery

‘n Chinese burger en eienaar van ABC Investment, die 51-jarige Guo Yunhai, en sy bestuurder, die 33 jarige Rodney Sinvula Siyenga het vandag in die Windhoek-landdroshof verskyn nadat hulle glo probeer het om personeel van die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, om te koop. Guo skuld blykbaar 8 miljoen Namibiese dollar en het fakture vervals. ‘n Ondersoek is deur NamRA gelas en toe kom die poging om die amptenare met 100 000 Namibiese dollar om te koop. Die saak is tot 24 Junie uitgestel vir hul formele borgaansoek.