China woeker met wind-, sonkrag

China bou byna twee keer soveel wind- en sonkragaanlegte as alle ander lande saam. Daar is tans 339 gigawatt vermoë in aanbou, wat 159 gigawatt windkrag en 180 gigawatt sonkrag insluit. Global Energy Monitor sê China is op koers om teen die einde van die jaar een-duisend-200 gigawatt geïnstalleerde wind- en sonkrag op te wek, wat ses jaar voor die regering se teikendatum is. China is die wêreld se tweede grootste ekonomie, maar stel die meeste kweekhuisgasse vry.