China vra Internasionale Strafhof om objektief, regverdig te bly

China het die Internasionale Strafhof aangemoedig om objektief en regverdig te bly nadat ‘n lasbrief vir inhegtenisneming vir die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu uitgereik is. Die buitelandse sake-ministerie se woordvoerder, Lin Jian, sê China hoop die hof sal sy mag uitoefen in ooreenstemming met die wet. China is, soos Israel en die Verenigde State, nie ‘n lid van die Strafhof nie. China sê hy ondersteun enige pogings van die internasionale gemeenskap oor die Palestynse kwessie om regverdigheid en geregtigheid te bereik.