China verdedig ‘menslik onmoontlik’ swemmer

Olimpiese Spele: China verdedig sy swemmer, Pan Zhanle, terwyl kritici sy wêreldrekord in die 100-meter vryslag as “menslik onmoontlik” beskryf. Pan het hierdie week goud in die item gewen nadat hy sy eie vorige rekord van Februarie met 0,40 sekondes verbeter het. Hy het aan Reuters gesê hy is die vorige twee maande 21 keer vir opkikkertoetse getoets, almal negatief. Chinese swemmers is onder die soeklig nadat dit bekend geword het 23 is toegelaat om aan die Tokio Spele deel te neem hoewel hulle positief vir ‘n verbode middel getoets het.