China stel omstrede Li aan as premier

China het Li Qiang as die land se volgende premier aangewys. Li, ‘n nabye vertroueling van topleier Xi Jinping is tydens ‘n sitting van die Nasionale Volkskongres, China se seremoniële parlement, aangestel. Sy aanstelling kom tydens ‘n jaarlikse politieke geleentheid waarin Xi ‘n ongekende derde termyn as president verseker het, wat sy onbetwiste greep op mag verstewig en die moontlikheid skep dat hy lewenslank aan bewind kan bly. Li het verlede jaar die nul-Covid-19-inperking in Sjanghai afgedwing en ook aangedring op die skielike en chaotiese einde aan die land se nul-Covid-beleid, ná ongekende betogings. Die VSA het ook sanksies teen hom ingestel vir wapenaankope vanuit Rusland.