China se Xi wens vriend Putin geluk
Die Chinese president, Xi Jinping, het Vladimir Putin gelukgewens met sy verkiesingsoorwinning. Die bande tussen Moskou en Beijing verdiep steeds en Xi meen die Russiese president speel ‘n groot rol in vooruitgang. Die Russiese staatsmedia beskryf die verkiesing as ‘n wegholoorwinning vir Putin al het hy geen kompetisie gehad nie. Die oorwinning kan die voormalige spioen nou dalk die langsdienende Russiese leier in meer as 200 jaar maak. Putin en Xi spog gereeld oor hulle hegte vriendskap. In hulle strewe na ongekende lang termyne, toon hulle egter nie veel respek vir politieke konvensies nie.