China se Stealth-verdediging binnekort bekend

China onthul dié week ‘n nuwe Stealth-vegvliegtuig en aanvalshommeltuie, en ontleders en mededingende magte is op die uitkyk vir seldsame leidrade oor die ontwikkeling van Beijing se militêre toerusting. Die land se noue bande met Moskou sal ook op ‘n lugskou in die suidelike stad Zhuhai te sien wees, waar Beijing se burgerlike en militêre lugvaartsektor elke twee jaar uitgestal word. Beijing het vele hulpbronne aangewend om sy lugvaartvermoëns te moderniseer en uit te brei weens Amerika en ander magte se teenwoordigheid rondom die streek se brandpunte, soos Taiwan.