China sê konflik in Oekraïne kan buite beheer raakFebruary 21, 2023
China se minister van buitelandse sake, Qin Gang, sê hy is diep bekommerd oor die konflik tussen Rusland en Oekraïne wat voortdurend erger word, en die moontlikheid dat die situasie buite beheer kan raak. Beijing het reeds herhaaldelik geweier om Moskou vir sy inval in Oekraïne te veroordeel. Qin het sekere lande, Amerika ingesluit, gemaan om nie olie op die vuur te gooi nie en op te hou om die skuld vir die inval op China te pak. Intussen het Amerika se minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, bekend gemaak hulle het intelligensie ontvang dat Beijing oorweeg om dodelike bystand aan Moskou te verleen.